Olivia M. Coetzee was in Mariental gebore, ʼn klein dorpie innie suide
van Namibia. Sy’t haa stem en woorde gekry in die township van Electric
City, wat in Eeste Rivie is, in Kaapstad, Suid Afrika. Olivia het ʼn
meesters graad van die Universiteit van Kaapstad. Sy skryf vir Litnet as
een van hulle rubriek skrywers en vetaal die Bybel, as oek fairy tales
in Kaaps. Deu die wêk wat sy nou doen, en wêk wat sy in die toekoms gat
anvat beoog sy om anner Kaapsprekendes om in hulle taal te skryf, en sy
wil met haar skryfwêk in Kaaps tien die geloef druk wat sê dat Kaaps is ʼn
taal wat net moet gehoor wôt en nie gelies wôttie.
